R1.800.000

Plot te koop

10/8/2023 – 276 views

21,9 Ha Plot te koop
De Wagensdrift (Cullinun)
R1.8 miljoen

Weg van die gewoel van die stad. 45 km noord oos vanaf Zambesi rylaan, met ‘n 7 km grondpad. Hierdie uitgesoekte 21 ha boomryke plot in die hartjie van die Seringveld bewaararea, is absoluut ‘n moet om te sien.

Die plot bestaan uit die volgende:-

Dubbel verdieping kliphuis met ‘n grasdak
4 slaapkamers
2 leef vertrekke
Dubbel onderdak parkering
50% voltooide koelkamer
Kombuis
Watertenk 5000 l

3 x Sink kamers met krag (idiaal vir werkers of pakkamers)

2 half voltooide rondawels (Net dakke moet op gesit word
Halfvoltooide klip buite gebou (kan vir buite kroeg of entertainment area gebruik word)
Lapa met ingeboude braai area
Verskeie buite geboue ( niks noemenswaardig)
3 fase Eskom krag
Boorgat toegerus met 3 fase pomp
4 x Varkhokke
Hoenderhokke
Drukgang

Die eiendom het oneidig baie moontlikhede soos byvoorbeeld chalets wat opgerig kan word aangesien die grond taamlik gelyk is behalwe vir die koppie in die hoek van die plot.

Daar kan selfs kampe opgerig word vir kinders (veldskool, jeugkampe ens) die potensiaal is oneindelik.

Die vernaamste bome op die plot is die beskermende inheemse Wildesering, Boekenhout, Wildevy en Protea, daar is ook vrugtebome en sowel as stamvrug, botterklapper, wildeperske , druiwe , appelliefies ens.

Daar is dan ook van November – Januarie Mopani & Masanja wurms wat eetbaar is en baie popular is onder sekere kulture.

GEEN grondeise op die plot!

Indien u belangstel en graag die plot wil besigtig is u meer as welkom om die eienaar Jan Kotze te kontak op
833 - show phone - 6.

Related searching

Related ads
Jan Kotze
MTAwMTk2MjQwOA==

(Please say you found this ad on TOP-FREE-AD when calling)

Cullinan, Gauteng